Arbeidsraad bekend gestel, Shinguadja is voorsitter
Die arbeidsministerie het vandag sy 15de Arbeidsadviesraad bekendgestel met die deurwinterde Bro-Mathew Shinguadja was voorsitter. Die funksies van die raad is om oorlegpleging en samewerking tussen die regering en organisasies van werkers en werkgewers te bevorder. Volgens Tim Parkhouse, die voormalige sekretaris-generaal van die Namibiese Werkgewersvereniging is die raad van kritiek belang vir die arbeidsektor in die land.