Amerikaanse rentekoers weer op

Die Federale Reserweraad het Amerikaanse rentekoerse met ‘n kwart persentasiepunt verhoog, wat die 11de verhoging in die Amerikaanse sentrale bank se afgelope 12 beleidsvergaderings is. Die koers is nou die hoogtse in 22 jaar, tussen 5,25 en 5,5 persent. Die Amerikaanse dollar versterk tradisioneel wanneer rentekoerse in die VSA styg maar dit was Woensdag gering op 0,36 persent. Intussen sê die voorsitter van die raad, Jerome Powell, dit is dalk nie noodwendig die laaste verhoging nie.