Afwagting oor OB-verslag oor Mashatile se luukse leefstyl
Rise Mzansi sê hy is in groot afwagting vir die voorlopige verslag van die waarnemende Openbare Beskermer, Kholeka Gcaleka, oor adjunkpresident Paul Mashatile se beweerde oortredings van die Grondwet en Wet op Uitvoerende Lede se Etiese Optrede. Hulle het ‘n klagte ingedien oor sy luukse leefstyl, wat verbind word met sakelui wat voordeel trek uit staatskontrakte. Indien daar enige oponthoude is, gaan die party Gcaleka vra vir omvattende verduidelikings en ‘n duidelike tydlyn. Woordvoerder Tebogo Moalusi glo verkose amptenare moet die mense se belange voorop stel en die landswette ondersteun.