Afrika-unie veroordeel staatsgreep in NigerJuly 27, 2023

Die voorsitter van die Afrika-unie se kommissie, Moussa Faki Mahamat, het die militêre staatsgreep in Niger veroordeel. Soldate in die Wes-Afrika-land het die staatsgreep op nasionale televisie aangekondig en gesê hulle het die grondwet opgehef, alle instellings ontbind en die land se grense gesluit. Mahamat sê die optrede van sekere lede van die weermag om die stabiliteit van demokratiese en republikeinse instellings in Niger te ondermyn, is totale verraad van hulle pligte. Die sekretaris-generaal van die VN, António Guterres, sê die staatsgreep ondermyn demokratiese regeringsbestuur, vrede, en stabiliteit in die land.