AfriForum eis onmidellike bedanking van polisieminister
AfriForum eis die onmiddellike bedanking van die minister van polisie, Bheki Cele, na die onthulling dat meer as 5 000 vuurwapens wat aan polisie-lede uitgereik is, die afgelope vyf jaar gesteel is. Volgens die burgerregte-organisasie het Cele vroeër erken dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens die afgelope dekade 8 000 vuurwapens verloor het. ʼn Woordvoerder van AfriForum, Jacques Broodryk, beskuldig die minister dat hy voorkeur gee aan toesprake en foto-geleenthede in plaas van om misdaad te bekamp.