VSA ondersteun Namibië se groen ekonomie
Ter ondersteuning van Namibië se groen ekonomie het die Amerikaanse ambassade verteenwoordigers van die Amerikaanse departement van handel se handelsreg-ontwikkelingsprogram in Namibië vir ‘n besoek verwelkom. Hulle het ‘n reeks konsultasies met beide openbare en privaat instellings gevoer om die kommersiële realiteite van moontlike groenwaterstof-projekte in die land te evalueer. Môre gaan ambassadeur Jessye Lapenn, wat die senior koördineerder vir Atlantiese Samewerking in die Buro vir Oseane en Internasionale Omgewings- en Wetenskap-sake, in Namibië land. Sy sal met verskeie belanghebbendes in gesprek tree wat fokus op maritieme wetstoepassing en -bestuur, volhoubare oseaan-gebaseerde ekonomieë, en klimaat- en omgewings-uitdagings. Randy Berry, Amerikaanse ambassadeur in Namibië, het vandag met die media gesels.