Teenkorrupsie-kommissie loods liedjie-kompetisie

Die Teenkorrupsie-kommissie het sy koorkompetisie vir sekondêre skole van stapel gestuur. Die kompetisie, waar die koor sy eie teenkorrupsie liedjie moet skryf, is reeds oop en aansoeke is by alle skole in Namibië beskikbaar. Daar is reuse-pryse om te wen met die eerste prys op 25 000 Namibiese dollar. Die onderwysminister Anna Nghipondoka, sê bewusmaking teen korrupsie is uiters belangrik.