Sewe agter tralies vir Vrystaatse plaasmoord

Die Vrystaatse Departement van Landbou het die inhegtenisneming verwelkom van sewe verdagtes in verband met die moord op ‘n boer by die Sterkfonteindam naby Harrismith. Volgens die polisie het die 67-jarige Michael André Pattinson van die plaas Summerslie se broer hom as vermis aangemeld nadat hy Saterdag laas gesien is. Sy liggaam is Dinsdag gevind. Die departement sê boerderygemeenskappe moet hul veiligheids- en gebeurlikheidsplanne dringend opskerp. Die sewe sal binnekort in die hof verskyn.