Palmer gesels oor All Blacks kragmeting
Australië se hulpafrigter, Dan Palmer, sê hulle weet watter verbeterings nodig is voor hul Rugbykampioenskapskragmeting, Saterdag, teen Nieu-Seeland in Melbourne. Die Wallabies sal op die veld draf ná agtereenvolgende nederlae teen Suid-Afrika en Argentinië. Die afrigter Eddie Jones is verantwoordelik vir die span wat opeenvolgende nederlae gehad het sedert hy oorgeneem het. Palmer sê dit is goed dat hulle die groot uitdagings vóór die Wêreldbeker in die gesig staar: