Krieket: Aussie-kaptein verwag beter vertoning op die Oval

Krieket: Die vyfde en laaste toets om die As begin môre op die Oval in Londen. Australië loop 2-1 voor, wat beteken hulle behou die As. Die beste wat Engeland kan vermag, is om die laaste wedstryd te wen en die reeks gelykop te laat eindig. Die besoekers behoort tevrede te wees met die uitslae tot dusver nadat die tuisspan die vierde toets in Manchester oorheers het, maar byna twee dae se reën ‘n onbesliste uitslag tot gevolg gehad het. Kaptain Pat Cummins verwag ‘n beter vertoning van die Aussies.