Kimberley se water-uitdagings moet aangespreek word
Die DA in die Noord-Kaap eis dat die Sol Plaatje-munisipaliteit dringend herstelwerk laat doen aan die Kimberley-waterafsluiting as gevolg van groot lekkasies. Vanjaar het die munisipaliteit reeds die geskeduleerde onderbreking twee keer uitgestel, deels weens swak beplanning en deels weens ’n gebrek aan kommunikasie. Die DA-lid, Ockert Fourie, sê inwoners gaan nou gebuk onder die gevolge van die uitgestelde herstelwerk, met die waterafsluitings snags: