Kenner sê oliepryse sal nie hoog bly nie…
‘n Ekonoom sê ondanks oliepryse wat die afgelope maand met 11,55 persent gestyg het, sal dit na verwagting geleidelik weer daal. Die styging is aangedryf deur tekens van verlaagde voorraad en ondernemings deur Beijing om China se ekonomiese groei te ondersteun. Brent verhandel rondom 83 Amerikaanse dollar ‘n vat, die hoogste sedert April vanjaar. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse ekonoom, Dawie Roodt, gesels oor die vooruitsigte van die oliepryse…