Emmett Till en sy ma kry monument
‘n Nasionale monument opgedra aan die Amerikaner Emmett Till en sy ma, Mamie Till-Mobley, gaan uiteindelik ‘n werklikheid wees na jare se pogings om federale erkenning te gee van die tiener wie se wrede moord in 1955 in Mississippi gehelp het om die burgerregtebeweging wat sou volg, aan te wakker. Presidet Joe Biden sê die land moet eerlik kyk na sy eie geskiedenis en waarheid.