China kry net-so ‘n nuwe buitelandse minister
China verwyder sy minister van Buitelandse Sake, Qin Gang, en vervang hom met sy voorganger, Wang Yi. Nuusagentskappe sê die aankondiging kom ‘n maand na Qin se laaste openbare verskyning. Geen rede is vir sy verwydering verskaf nie. Volgens internasionale berigte is die omruiling op ‘n gesamentlike vergadering van die staande komitee van China en die Nasionale Volkskongres goedgekeur. Qin was voorheen ‘n woordvoerder vir die Chinese ministerie van buitelandse sake.