Betoging in Stad Tshwane ontwrig dienste

Die Stad Tshwane waarsku inwoners en kliënte om vandag stadiger diens-reaksie te verwag weens die munisipale vakbond Samwu wat betoog. Sommige stadsgeboue, insluitend klinieke en kantore, is tydelik gesluit weens bewerings van intimidasie. ‘n Ramp-operasie-sentrum is ingestel om verwikkelinge te monitor. Die stad se woordvoerder, Selby Bokaba, vra verskoning vir die ongerief, en die stad beloof om vinnig aandag te gee aan die agterstand.