Beplanning aan die gang vir die jaar-herdenking van Elizabeth se dood

En as jy gedink het tyd vlieg nie… Beplanning is reeds aan die gang vir ‘n gedenkteken ter herinnering aan koningin Elizabeth. Dit is op 8 September ‘n jaar sedert sy oorlede is. Volgens Britse media word ‘n span saamgestel om die nasionale gedenkteken te beplan, met meer besonderhede wat voor die herdenking van haar dood bekend gemaak sal word. ‘n Huldeblyk word ook volgens berigte beplan. Elizabeth was meer as 70 jaar die Britse koningin en is verlede jaar op die ouderdom van 96 oorlede.