Bemanningslede spring oorboord toe skip brand
Een persoon is dood en ‘n aantal is beseer in ‘n brand op ‘n vragskip langs die kus van Nederland. Die Nederlandse kuswag sê verskeie bemanningslede moes weens die brand oorboord spring. Die vragskip, wat in Panama geregistreer is, het meer as 2 800 motors van Duitsland na Egipte vervoer. Die brand is vermoedelik deur ‘n elektriese motor veroorsaak. Volgens die kuswag is die brand nog nie geblus nie.