Behoeftiges in Kaapstad kan registreer vir ondersteuning
Die Stad Kaapstad sê inwoners wat finansieel sukkel word aangemoedig om hulle naaste kliëntedienskantoor te besoek om uit te vind of hulle vir ondersteuning in aanmerking kom. Die burgemeesterskomiteelid vir Finansies, Siseko Mbandezi, sê verligting is beskikbaar om behoeftige huishoudings, mense wat maatskaplike toelaes kry en pensioenarisse te help. Hy sê die stad bied Suid-Afrika se hoogste toekenning van gratis water, sanitasie en tot 60 gratis elektrisiteitseenhede aan: