Amper helfte van Omusati-inwoners het droogtehulp nodig

Plaaslike media berig dat meer as 132 000 mense geregistreer het om droogtehulp in die Omusati-streek te ontvang. Volgens die streeksraad se woordvoerder, Simion Kandjala, staan die syfer tans op 132 755 aansoeke staan, amper dubbel die vorige syfer van 74 800. Kandjala sê verdere aansoek word verwag. Die streek gaan in verskeie gebiede gebuk onder droogtetoestande, nes talle ander regoor die land. Daar is ook baie bestaansboere wat geen opbrengste gehad het nie en die raadslid van die Ompundja-kiesafdeling, Adolf Hitler Uunona sê huishoudings het geen kos om op die tafel te sit nie. Die kantoor van die eerste minister is tans besig met ‘n landswye peiling om te bepaal wat die nood is na die reënseisoen teleurgestel het. Die huidige hulp strek net tot Desember vanjaar en sluit nie alle streke in nie.