Amerikaanse rentekoers na verwagting weer vandag opgestoot

Die Federale Reserweraad sal na verwagting vandag rentekoerse met ‘n kwart persentasiepunt verhoog, wat die 11de verhoging in die Amerikaanse sentrale bank se afgelope 12 beleidsvergaderings sal wees maar, dit is moontlik die laaste verhoging vir nou. Die verhoging, wat deur beleggers verwag word met byna ‘n 100 persent waarskynlikheid, sal die rentekoers verhoog tot tussen 5,25 en 5,5 persent. Dit is die hoogste vlak sedert die 2007-2009 finansiële krisis.