Amerikaanse federale hof kla Tottenham-baas aan July 26, 2023

Die Britse miljardêr en eienaar van Tottenham Hotspur, Joe Lewis, word in Amerika van binnehandel aangekla. Federale aanklaers beweer in ‘n aanklag in New York die 86-jarige Lewis het aan vriende, insluitend sy persoonlike vlieëniers, assistente en romantiese maats, binne-inligting gegee oor maatskappye waarin hy belê het.  Die Amerikaanse hoof- federale aanklaer vir die suidelike distrik van New York, Damian Williams, sê Lewis staar 19 aanklagte in die gesig waarvan 16 vir sekuriteitsbedrog en drie vir sameswering is: