Volhoubare voedselstelsels van kritieke belang vir sekerheid

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê sonder toegang tot finansiering en skuldverligting sukkel ontwikkelende lande om te belê in voedselstelsels wat alle mense kan bereik. Meer as 780 miljoen mense ly honger terwyl byna ‘n derde van alle voedsel verlore gaan of vermors word. Guterres sê dis nog meer kommerwekkend dat onvolhoubare voedselproduksie, verpakking en verbruik die klimaatkrisis vererger en ‘n derde van alle kweekhuisgasse vrystel. Intussen sê die hoof van die Wêreldgesondheidsorganisasie, Tedros Adhanom Ghebreyesus, plaaslike diëte het die grootste kans op sukses.