The Rock ondersteun stakende akteurs
Die Hollywood-akteur Dwayne Johnson, ook bekend as The Rock, het die grootste enkele skenking gemaak wat die Screen Actors Guild – American Federation of Television and Radio Artists Foundation nóg ontvang het. Sowat 160 000 akteurs en draaiboekskrywers staak oor hoër lone en beskerming teen die ongemagtigde gebruik van hul beeld deur kunsmatige intelligensie. Johnson het volgens berigte ‘n skenking van sewe syfers aan die stigting se verligtingsfonds betaal. Die stigting se president, Courtney B Vance, sê Johnson se skenking kan duisende akteurs help.