Stropery: Kapofi sê oor weermagbystand
Die ministerie van verdediging het gereageer op openbare klagtes oor die Namibiese Weermag wat onproduktief is en beter aangewend kan word om te help om stropery te bekamp. Volgens die Namibiese regering is daar ‘n sikliese tendens in renosterstropery in die land. Hoë getalle arrestasie van stropers in ‘n sekere gebiede lei tot ‘n tydelike afname in stropery totdat taktiek aangepas word wat getalle weer opstoot. Die goeie nuus is dat intelligensie wat met renosterstropery verband hou sedert 2018 verskerp is en voorkomende arrestasies het 26 in daardie jaar bereik met 79 in 2019. In 2020 was daar 50 voorkomende arrestasies, 25 in 2021, en 47 verlede jaar. Verdedigingsminister Frans Kapofi het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê Die minister Frans Kapofi sê die weermag help inderdaad met teen-stropery….