Stad Tshwane se dienste geraak deur verset-optredeJuly 25, 2023
Die Stad Tshwane het inwoners gewaarsku die daaglikse munisipale dienste sal geraak word deur sy werknemers se verset-optrede. Dit sluit in vullisversameling, die regmaak van pyplekkasies, riool-verstoppings en kragonderbrekings. Die woordvoerder, Lindela Mashigo, sê die betoging het stukrag gekry, en daarom het die stad voorsorgmaatreëls getref en 40 busse onttrek. Mashigo sê die polisie is ontplooi om die betogings te monitor.