SA hoop op silwerware by Netbal-wêreldtoernooi
Die Wêreldbekertoernooi begin Vrydag in Kaapstad. Dit sal die eerste keer wees dat die toernooi in Afrika aangebied word, en vier Afrikalande sal deelneem – Suid-Afrika, Malawi, Uganda en Zimbabwe. Die geleentheid sal die wêreld se voorste 16 netbal-spelende lande byeenbring. Suid-Afrika sal groepswedstryde teen Jamaika, Wallis en Sri Lanka speel. Afrigter Norma Plummer sê hulle gaan dit wedstryd-vir-wedstryd neem: