Namibiese Olie- en Gaskonferensie in middel Augustus
Die Namibiese Olie- en Gaskonferensie vind op 16 en 17 Augustus in Windhoek plaas. Dit is amptelik deur die ministerie van myne en energie bevestig. Die minister, John Alweendo en eerste minister, Saara Kuugongelwa-Amadhila het ook hul deelname bevestig. Die oliekonferensie hou groot belofte in vir die bevordering van samewerking tussen belanghebbendes in Namibië en die internasionale olie- en gaswaardeketting. Jason Kasuto, voorsitter van die Ekonomiese Vereniging van Namibië, het met Kosmos 94 Nuus gesels…
Kasuto voeg by die kernfokus van die konferensie is op die voordele wat Namibiërs uit die olie- en gassektor sal kry.