Musk sal 100% deur ‘iemand’ gedagvaar word oor X

Die miljardêr Elon Musk se besluit om Twitter as X te hernoem, kan geregtelik ingewikkeld wees omdat talle maatskappye insluitend Meta en Microsoft reeds intellektuele eiendomsregte op dieselfde letter het. ‘n Bekende handelsmerkprokureur in die VSA, Josh Gerben, sê daar is 100 persent kans dat Twitter deur iemand gedagvaar sal word veral omdat daar 900 sulke handelsmerk-registrasies in die VSA is.