Money Stress Tracker: Driekwart mense ervaar finansiële angs
DebtBusters se tweede jaarlikse Money Stress Tracker toon drie uit vier mense ervaar finansiële angs weens die uitdagings met lewenskoste. Die verslag onderstreep ‘n kommerwekkende neiging, met baie deelnemers se grootste vrees dat hulle geld voor die einde van die maand sal opraak. Die stygende lewenskoste beïnvloed bestedingsgewoontes aangesien een uit elke twee verbruikers op uitgawes met kruideniersware besnoei, insluitende versnaperinge, drank en vleis. Boonop verminder een uit elke vyf Suid-Afrikaners hul besteding aan vrugte, groente, pasta en rys.