LPO vra dat droogtehulp terugwerkend is, uitgebrei word
Die Lewendehawe Produsente-organisasie het gesprekke met die direktoraat van landbouvoorligting en ingenieursdienste in die landbouministerie gevoer oor die droogtehulp. Die droogtehulp is net van toepassing vir die tydperk Julie tot Desember 2023 en sluit net sekere streke in. Die organisasie het versoek om die tydperk vir droogtehulp eerder terug te dateer aangesien baie boere reeds vroeg in die jaar diere begin verskuif of bemark het weens die droogte. ‘n Versoek is ook gerig om Otjozondjupa en Khomas in die droogtehulp in te sluit aangesien gedeeltes in hierdie streke swaar gebuk gaan onder die droogte. Eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila het met Kosmos 94.1 Nuus oor die droogtehulp-programme gepraat…