Kenyatta sê Ruto agtervolg sy familie oor bande met opposisie

In ‘n ongekende konfrontasie tussen ‘n huidige en ‘n afgetrede president, het die voormalige staatshoof van Kenia Uhuru Kenyatta hom uitgespreek teen wat hy dade van teistering en intimidasie genoem het en sy opvolger, President William Ruto, daarvan beskuldig dat hy sy familie agtervolg. Die oudpresident voel sy opvolger het iets teen hom om redes wat net aan hom bekend is. Hy het ‘n beroep op Ruto gedoen om reguit na hom toe te kom en sy familie uit te los. Kenyatta sê die regering is agter hom aan omdat hy bevriend is met die opposisieleier Raila Odinga. Politieke kenner van Afrika-sake, dr. Charles Sinkala, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…