Kenner sê oor begrotingsoorsig wat nou begin
‘n Ekonomiese kenner sê dit is belangrik om ‘n oorsig van die begrotingsbesteding te doen. Die minister van finansies Ipumbu Shiimi gaan saam met die Nasionale Beplanningskommissie ‘n omvattende oorsig van die middeltermyn begroting in verskeie streke regoor die land doen. Hierdie inisiatief het ten doel om die vordering wat tot dusver gemaak is, te evalueer en gebiede te identifiseer waar aanpassings nodig mag wees om ekonomiese groei te verseker. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Omu Kakujaha-Matundu van die departement ekonomie van Unam gepraat oor waarop klem gelê moet word.