Johannesburgse straathandelaars ly verliese na ontploffing
Die Black Business Council in die buurland sê straathandelaars het verliese ervaar ná die gasontploffing in die Johannesburgse middestad verlede week wat groot skade aan strate veroorsaak het. Sommige ondernemings by die Breëstraat-taxistaanplek en ander strate wat geraak is, is steeds gesluit. Dienste aan die gebied waar die ontploffing plaasgevind het en die omgewing is steeds afgesny. Die raad se president, Kganki Matabane, sê baie kleinsake-eienaars en werknemers sukkel nou finansieel.