Israel in grondwetlike krisis gedompel

Hofsake neem toe nadat Israel se verregse regering gister ‘n wet aanvaar het wat die mag van die Hooggeregshof beperk. Die wet wat met 64 teen nul in die Parlement aanvaar is, ontneem die Hooggeregshof die mag om regeringsoptrede te stuit wat hy as onredelik beskou. Die Beweging vir Gehalteregering, ‘n Israeliese organisasie sonder winsoogmerk, het ‘n griefskrif by die Hooggeregshof ingedien. Dit vra die hof om die wet onwettig te bevind omdat dit die basiese struktuur van die land se demokrasie verander.