Harris is bly hy kan weer tennis speel

Lloyd Harris van Suid-Afrika sê hy is baie bly hy is gesond en kan weer tennis speel. Die 26-jarige Harris het die Australiese speler James Duckworth 3-6, 6-3, 6-2 geklop om tot die laaste 16 in die Atlanta Ope deur te dring. Harris het tot nommer 204 op die wêreldranglys teruggesak nadat hy weens ‘n gewrigsbesering en ‘n operasie die laaste ses maande van die vorige seisoen misgeloop het. Hy sê hoewel hy nog nie honderd persent gemaklik is op die baan nie, glo hy dit sal regkom namate hy meer wedstryde speel: