EFF boos oor polisiestasies wat sluit tydens beurtkrag
Die EFF sê hy is nie verbaas oor die verdere ineenstorting van staatsdienste onder die ANC-regering nie. Dit na aanleiding van meer as 70 polisiekantore landwyd wat tydens beurtkrag sluit omdat hulle geen kragopwekkers het nie. Die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria het verlede maand beslis alle hospitale, klinieke, skole en polisiekantore moet van beurtkrag uitgesluit word. Die EFF-woordvoerder, Leigh-Ann Mathys, sê burgers is in groter gevaar tydens beurtkrag: