Brics-geleenthede moenie ten koste van Westerse verhouding wees nie

Die buurlandse organisasie Business Leadership South Africa sê die geleenthede wat Suid-Afrika verkry danksy sy lidmaatskap van die handelsblok met Brasilië, Rusland, Indië en China, moet nie ten koste van handelsbande met die Weste wees nie. Uitvoerende hoof, Busi Mavuso, sê sy is onverhoeds betrap deur die Minister in die Presidensie Nkosazana Dlamini-Zuma, se toespraak wat klem geplaas het op Brics as ‘n instrument om die ondergang van ‘n onregverdige imperialistiese wêreld-orde te bespoedig. Mavuso sê dit was ‘n gevaarlike stelling: