AfriForum vra ondersoek na wanbestuur in sport

AfriForum vra die minister van sport Zizi Kodwa om dringend in te gryp in die bestuur van die Suid-Afrikaanse Sport-konfederasie en Olimpiese Komitee. Hulle versoek ook ingryping in sportfederasies soos Netbal Suid-Afrika, Skaak Suid-Afrika en die Suid-Afrikaanse Rugby-unie. Ronald Peters van AfriForum het kommer uitgespreek oor dié federasies se swak stand van sake en beweer Saskok beskik nie oor die vermoë om wanbestuur en oortredings aan te pak nie. Peters veroordeel die uitwerking van wanbestuur op sport se gemeenskapsontwikkeling en bemagtiging.