2023 lewer 49 volle dae van beurtkrag in SA

Die DA sê die regering se huidige benadering om beurtkrag te beëindig, werk duidelik nie. Die party sê Suid-Afrikaners was 27 persent van hierdie jaar sonder krag wat gelykstaande is aan 49 volle dae van beurtkrag. Dit is dieselfde hoeveelheid tyd wat die land die afgelope vier jaar saam in die donker was. Samantha Graham-Maré van die DA sê landsburgers verdien om te weet dat die minister van elektrisiteit die krisis in ‘n ernstige lig beskou en nie net gate toestop tot volgende jaar se verkiesing nie: