Zim het net een vroulike presidentskandidaat

Verskeie Zimbabwiese vroueregte-groepe sê meer vroulike kandidate moes aan volgende maand se presidensiële verkiesing kon deelneem. Dit volg nadat die naam van die leier van die United Zimbabwe Alliance, Elizabeth Volario, na ʼn regsuitdaging as die enigste vroulike kandidaat op die stembrief aangebring is. Die Zimbabwiese Verkiesingskommissie het haar benoeming afgewys omdat sy haar benoemingsfooie glo te laat betaal het. Volgens Volario wil haar party Zimbabwe verenig en ʼn volhoubare toekoms bou.