Vier vandag in hof ná diefstal by Ford

Vier verdagtes is in hegtenis geneem vir die diefstal en besit van voertuig-enjins van 1,1 miljoen Suid-Afrikaanse rand wat hulle by ‘n motormaatskappy gesteel het. Hulle verskyn vandag in die Pretoria-landdroshof. Twee van die verdagtes is veiligheidswagte by die Suid-Afrikaanse Ford-maatskappy in Pretoria, waar die goedere gesteel is. Die Valke se woordvoerder, Katlego Mogale, sê ‘n vragmotor van ‘n koeriermaatskappy is gebruik om rakke met 36 enjins op te laai.