Tweede Rusland-Afrika-beraad vind in St. Petersburg plaas

President Cyril Ramaphosa gaan Donderdag en Vrydag aan die tweede Rusland-Afrika-beraad in St. Petersburg, Rusland, deelneem. Dit is daarop gemik om samewerking en vennootskappe tussen Rusland en Afrika-lande te bevorder, met die fokus op politiek, veiligheid, handel, wetenskap, humanitêre ondersteuning, onderwys, jeug en die omgewing. Bykomende geleenthede sluit uitstallings van beleggings- en netwerk-geleenthede in. Die woordvoerder in die Presidensie, Vincent Magwenya, sê Ramaphosa sal die beraad benut om Rusland bilateraal te betrek en voorbereidings vir volgende maand se Brics-beraad in Suid-Afrika te finaliseer.