Tiener swanger ná haar 37-jarige neef haar verkrag

Nóg ‘n Namibiese tiener is swanger nadat haar 37-jarige neef haar glo herhaaldelik in April en Julie verkrag het. Die verdagte is in hegtenis geneem en sal vandag in die Tsumeb-landdroshof verskyn. Die verdagte het glo altyd snags by die 14-jarige meisie se kamer ingekom by die Onegolo-nedersetting naby Oshivelo terwyl haar ouers steeds by cuca-winkels was. Hy woon nie in dieselfde huis nie. ‘n Dokter by die hospitaal het tydens ’n mediese ondersoek bevestig dat die meisie tien weke swanger is.