SA sportminister: Ondersteun sokker- en netbalspanne
Die Suid-Afrikaanse minister van sport Zizi Kodwa doen ‘n beroep op alle Suid-Afrikaners om saam te staan en die nasionale vrouesokker- en netbalspanne te ondersteun wat aan hul onderskeie Wêreldbeker-toernooie deelneem. Banyana Banyana het hulle eerste wedstryd teen Swede in die sokkertoernooi in Australië en Nieu-Seeland met 2-1 verloor. Die woordvoerder van die ministerie, Litha Mpondwana, sê die Wêreldbeker-netbaltoernooi begin Vrydag in Kaapstad en die Proteas is een van die voorste spanne in die toernooi.