Rugby: Bokke soek volgepakte Ellispark
Rugby: Die Springbokke se hoofafrigter, Jacques Nienaber, besef sy span is afhanklik van ʼn guns van Australië om ʼn kans te staan om die Rugbykampioenskaps-titel in te palm. Suid-Afrika speel Saterdag in Johannesburg teen Argentinië in die laaste ronde nadat hulle die Wallabies geklop maar teen die All Blacks verloor het. Die All Blacks het tans nege punte, die Bokke vyf, die Pumas vier en die Wallabies een. Nienaber hoop Ellispark is volgepak vir hulle laaste tuiswedstryd voor die Wereldbekertoernooi.