NLU maan boere teen georganiseerde misdaadgroepe

Die Namibiese Landbou-unie het sy reaksie gegee na die gewapende rooftog wat plaasgevind het by Ann’s Lodge en -kampeerterrein, net wes van Kamanjab. Drie gewapende rowers het glo die heining geknip, met ’n bandhefboom die staal-agterdeur oopgebreek en so toegang tot die huis gekry. Hulle het die egpaar in hul slaapkamer met pistole oorval waar hulle en hul drie hondjies vas geslaap het. Die 61-jarige man is erg geskop en met ‘n metaalpyp geslaan en die eienaars is van verskeie items en kontant beroof, asook die CCTV-kameraboks. Daar word vermoed dat die aanval deur ‘n georganiseerde misdaadgroep uitgevoer is. Kosmos 94.1 Nuus het met Piet Gouws, die president van unie, oor die samewerking tussen boere en die Namibiese polisie gesels…