Kuberkrakers val weer Noorweegse staatsdepartemente aan
Kuberkrakers het twaalf Noorweegse staatsdepartemente aangeval. Dit is die jongste aanval van dié aard op die openbare sektor van Europa se grootste gas-verskaffer en die mees noordelike lid van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie. ‘n Regeringswoordvoerder sê die kantoor van die eerste minister, sowel as die ministeries van buitelandse sake, verdediging en justisie is nie geraak nie, omdat hulle stelsels op ‘n ander IT-platform gehuisves word. In Junie verlede jaar was die Noorweegse regering ook die slagoffer van ‘n kuber-aanval wat aan ‘n “misdadige pro-Russiese groep” toegeskryf is. Volgens die land se kubersekerheids-agentskap het kuber-aanvalle drievoudig toegeneem sedert 2019.