Gure weer pootjie Namibiese swemmers by Engelse Kanaal  

Namibiërs se poging om oor die Engelse Kanaal vanaf Engeland na Frankryk in ‘n aflos-formaat te swem, is deur die gure weer in die wiele gery. Christopher du Plessis, wat die oudste Namibiër sal wees om oor die Engelse Kanaal te swem, en sal môreoggend weer probeer saam met Roual Spangenberg en John Valentin. Hulle sal die koue water sonder duikpakke aanpak. Hulle sal hierdie uitdaging doen ten bate van die Ladybug-trust. Du Plessis het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor die Britse weer wat nie wil saamspeel nie.