Gautengse hospitale het voldoende medisyne-voorraad
Die Gautengse departement van gesondheid sê hy het maatreëls getref om te verseker daar is voldoende medisyne-voorrade by die Tembisa-hospitaal. Die inrigting het tussen Januarie en Mei vanjaar probleme met die deurlopende verskaffing van ‘n paar middels ondervind. Die departement se woordvoerder, Motalatale Modiba, sê alle noodsaaklike en lewens-reddende medikasie was egter nog altyd beskikbaar.