Eskom ondersoek brand by Grootvlei-kragstasie
Eskom sê hy het ‘n ondersoek begin na die brand wat by die Grootvlei-kragstasie in Mpumalanga uitgebreek en veroorsaak het dat twee eenhede afgeskakel moes word. Dié kragstasie voorsien 1 200 megawatt aan die nasionale kragnetwerk. Die eenheid is met die hand afgesluit ná die brand as gevolg van ‘n olielek in ‘n terugvoer-pyplyn ontstaan het. Eskom se tussentydse woordvoerder, Daphne Mokoena, sê die eenheid was aanlyn en het 175 megawatt elektrisiteit opgewek toe dit afgeskakel is.